Go Organic

Gereelde Vrae

V: Het hierdie produk 'n wagtydperk voordat 'n mens gewasse kan oes?

A: Hierdie produk is veilig om te gebruik sonder enige wagtydperk. Gewasse kan kort na toediening geoes word, spoel net goed af.

V: Sal dit my plante brand?

A: Nee, dit sal nie jou plante of plantwortels brand nie, aangesien dit geen bygevoegde chemikalieë bevat nie

V: Kan ek hierdie produk dwarsdeur die jaar gebruik?

A: Hierdie produk is veilig om die hele jaar deur te gebruik

V: Hoe verdun ek die produk?

A: Verdun 25 ml Go Organic Guano op 1 ℓ water of 25 ℓ Go Organic Guano op 1000 ℓ water (vir landboudoeleindes). Gebruik dit as 'n blaarbespuiting een keer elke 2 weke. Goeie resultate sal in die lente gesien word

V: Is Go Organic Guano werklik organies?

A: Dit is organies in die sin dat die produk met die hand direk van die eilande in Namibië geoes word sonder die byvoeging van enige sintetiese of chemiese bymiddels.